Skip to content

Troues / Huweliksbevestiging

’n Huwelikseremonie So Uniek Soos Jul Liefde

Jou troudag is een van die belangrikste dae van jou lewe.  As ‘n pastoor en ervare huweliksbevestiger, skep ek ‘n hartlike, betekenisvolle en persoonlike seremonie wat julle liefdesverhaal en waardes weerspieël.

Hoekom my kies as jul Huweliksbevestiger?

✔️ ’n Seremonie wat spesiaal vir julle as paartjie aangepas is.
✔️ Warm, professionele en opregte diens.
✔️ Ervaring in verskeie trouseremonies – van tradisioneel tot modern, intiem by die huis tot groot.
✔️ Hulp met troubeloftes en die beplanning van die seremonie.
✔️ Beskikbaar vir troues in Kaapstad en omliggende areas.

Kontak my gerus, dan gesels ons oor jul groot dag.